Tuesday, April 17, 2007

Paul Kruger

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Spring na: navigasie, soek


Stephanus Johannes Paul Kruger (10 Oktober, 1825 - 14 Julie 1904), ook bekend as "Oom Paul", is gebore in die Kaapkolonie uit 'n familie van Pruisiese afkoms. Hy was 'n prominente Boere weerstandsleier teen die Britse bewind en het later president van die Zuid-Afrikaansche Republiek geword op 30 Desember, 1880. Hy is vier keer tot president verkies, die laaste keer in 1898.
Hy het na Engeland gereis in 1883 om die Pretoria Konvensie van 1881 (die ooreenkoms tussen die Boere en die Engelse wat die Eerste Vryheidsoorlog beƫindig het) te verander.
Die Tweede Vryheidsoorlog het op 11 Oktober, 1899, begin. In Oktober 1900 het hy Suid-Afrika verlaat op die oorlogskip De Gelderland, wat gestuur is deur Nederland se Koningin Wilhelmina. Sy vrou, Gezina Kruger, was baie siek op daardie tydstip, en kon hom nie vergesel nie. Sy het gesterf op 20 Julie, 1901. Paul Kruger het na Marseille (Frankryk) gegaan en 'n ruk lank in Nederland gebly, voor hy na Clarens in Switserland getrek het, waar hy gesterf het op 14 Julie, 1904. Hy is begrawe op 6 Desember, 1904 in die Kerkstraatbegraafplaas, Pretoria.
Sy vorige woning in nou die Krugerhuis Museum.
Die Nasionale Krugerwildtuin is na hom vernoem, sowel as die Krugerrand munt.

Eksterne skakels
Kort biografie op die Nasionale Krugerwildtuin webwerf
Langer biografie op die Krugerhuis Museum webwerf
http://af.wikipedia.org/wiki/Paul_Kruger